Afrikaans
- Details
- Category: Afrikaans
Trauma is vir sommige mense 'n geldige verskoning om 'n wrok te dra. 'n Wrok (posttraumatiese verbittering) is egter 'n las wat elke oomblik wat dit rondgedra word swaarder en swaarder raak.
As ek jou vra om aan 'n halwe glas water te dink, het jy dalk alreeds aangeneem wat die volgende vraag is. Nee, die volgende vraag is nie of dit half leeg of half vol is nie.
Hoe swaar is 'n halwe glas water? Teoreties gesproke kan die antwoord strek tussen enigiets van 100g tot 200g.
Vir die illustrasie maak die absolute gewig nie regtig saak nie.
- Details
- Category: Afrikaans
Daar was onlangs 'n ouer in my kantoor wat raad-op en moedeloos was oor haar jong volwasse kind wat haar nie wil vergewe nie. Die pragtige vrou, Elma, het 'n geskiedenis van drankmisbruik, twyfelagtige verhoudings met mans en 'n plofbare humeur. Daar het egter 'n dag gekom dat sy tot bekering gekom het. Ja, met die genade van die Here het sy 'n radikale omkeer gemaak en sy streef om haar lewe aan God te wei.
Elma se dogter se woede het egter baie vlak onder die vernis van goeie maniere gelê. Die spanning tussen die twee is so dik soos 'n broeiende Transvaalse donderstorm.
Hoe gemaak as iemand jou nie wil vergewe nie?
- Details
- Category: Afrikaans
Die werkplek is waar mense die meeste van hul tyd spandeer. Dit is 'n baie belangrike plek, omdat dit is waar mense 'n lewensbestaan maak en hulself definieer. Hier is baie reels wat gerespekteer moet word en ewe baie vereistes waaraan voldoen moet word. Werknemers en kollegas wat saamwerk moet baie komplekse verhoudinge integreer. Aan die een kant bied die werkplek baie uitdagings, geleenthede, belonings en positiewe ervarings. Aan die anderkant is dit ook die bron van teleurstellings, sware laste, konflik en soms lewensbedreigende ervarings.
- Details
- Category: Afrikaans
Deur die jare was daar baie navorsing gedoen en boeke geskryf oor PTSD, maar daar is ‘n ander klip-in-die-hart wat mens siek kan maak.
Dr Barbara Louw het haar navorsing oor die vorm van Verbitteringsversteuring vir haar PhD-verhandeling voltooi en die boek "Roots and All" het aan die einde van 2016 die lig gesien. Hier volg een van die illustrasie wat jy in die boek geplaas het.
Indien jy meer inligting wil bekom of aan die studie wil deelneem stuur ‘n epos na . Sy is beskikbaar indien jy haar wil nooi om met jou kerk- of gemeenskapsgroep te gesles oor die baanbrekersnavorsing in Suid-Afrika.
Die boek kan bestel word van die elektroniese winkel: BluEagle.
- Details
- Written by: Barbara
- Category: Afrikaans
Hierdie boek gee vir jou praktiese riglyne om jou te help om aan te beweeg met jou lewe na trauma. Hierin sal jy riglyne vind oor hoe om die warboel van emosies wat jy ervaar te verstaan en te hanteer. Daar is ook inligting oor verwarrende reaksies op trauma en die vrae wat jy dalk het oor geloof en geestelikheid.
Praktiese hulp, aanwysings en wenke is volop in die boek tevinde en dit sal jou bystaan in hierdie proses van genesing, heel word en vergifnis.‘n Unieke deel van hierdie boek is die afdeling oor die finansiële impak van trauma en hoe ‘n mens daarna herstel. Die hoofstuk word aangevul deur hulpbronne wat gratis van Aquilla Adviseurs se webwerf afgelaai kan word.
Die idees en konsepte in hierdie boek word al vir meer as 25 jaar getoets en ons maak gebruik van die tydlose Bybelse boodskap van hoop.
Barbara & Wynand Louw werk al vir meer as 30 jaar saam in die bediening en gemeenskap. Hulle is albei ingeseënde predikante en stigterslede van ‘n nie-winsgewende organisasie, Inter Trauma Nexus.
- Details
- Written by: Barbara
- Category: Afrikaans
Praktiese hulp, aanwysings en wenke is volop in die boek tevinde en dit sal jou bystaan in hierdie proses van genesing, heel word en vergifnis.‘n Unieke deel van hierdie boek is die afdeling oor die finansiële impak van trauma en hoe ‘n mens daarna herstel. Die idees en konsepte in hierdie boek word al vir meer as 25 jaar getoets
- Details
- Category: Afrikaans
Jy het ‘n toekoms. Jy weet nie wat die toekoms inhou nie, maar jou gesindheid en keuses gaan grootliks bepaal hoe jy dit beleef.
‘n Mens se verlede kleur ook die lens waardeur jy na jou toekoms kyk in. Dit kan ‘n rooskleurige lens wees, waardeur jy jou kindsbeendrome nog kan sien of ‘n pikdonker sweisskermlens wees waardeur jy net skrikwekkende brandende flitse kan sien. Die keuse is joune. As jy nie daarin slaag om besluite te kan maak wat jy toekoms helderder te maak nie, kan jy altyd kies om hulp te vra.
Dinge wat hoop soos rysmiere ondergrawe is negatiwiteit, verveeldheid, onaktiwiteit, luiheid en selfbejammering. Dit mag normale reaksies op slegte omstandighede wees, maar dit is luukshede wat ons nie kan bekostig nie.
Om jou hoop volle toekoms tegemoed te gaan moet jy van jou stuitjie opstaan en jou ruggraat gebruik. Die grootste mag waaroor jy beskik, is jou Godgegewe vermoë om te kan kies. Doen iets! Kyk jou huidige omstandighede eerlik in die oog en besluit wat jy wil hê. Begin dan stappe neem en doen konstruktiewe dinge.
Die waarheid is dat jy in omstandighede is, maar jy is nie die omstandighede nie. Jy mag ‘n probleem hê, maar jy is nie die probleem nie. Jy is kosbaar en God se genade is groot. Daar is altyd hoop en genade.
Soek en vra. Daar is altyd hulp beskikbaar.