tn conflict

Die werkplek is waar mense die meeste van hul tyd spandeer. Dit is 'n baie belangrike plek, omdat dit is waar mense 'n lewensbestaan maak en hulself definieer. Hier is baie reels wat gerespekteer moet word en ewe baie vereistes waaraan voldoen moet word. Werknemers en kollegas wat saamwerk moet baie komplekse verhoudinge integreer. Aan die een kant bied die werkplek baie uitdagings, geleenthede, belonings en positiewe ervarings. Aan die anderkant is dit ook die bron van teleurstellings, sware laste, konflik en soms lewensbedreigende ervarings.

.

Werkplekke word gekenmerk deur onvermybare, spanningsvolle situasies. Dit gaan gepaard met begeertes om te presteer, hierargië, sanksies, onderlinge wedywering, gebullie, groepinteraksies, konflik en aggressie. Moeilike kliente, werksonsekerheid, ekonomiese en status probleme is deel van die daaglikse verloop van sake.

Elke werkplek vereis dat werknemers aan minimum standaarde moet voldoen en dit beteken dat daar die moontlikheid van mislukking is. In 'n neutedop beteken dit dat 'n werknemer sy werk kan verloor as sy werk nie op standaard is nie.

In Suid-Afrika is baie mense hul werk kwyt in herstrukturings en afskaling deur werkgewers. Waar herstrukturing op die kaarte is, is almal onseker, moedeloos, angstig en gedisoriënteer as gevolg van die verlies aan sosiale sekerheid. Spontane kommunikasie kom tot 'n stilstand. In baie gevalle was dit hardwerkende, produktiewe, lojale werknemers wat hul werk verloor het. As die herstrukturing as onregverdig beskou word en mense persoonlik verneder voel is dit 'n teëlaarde waar bitterheid begin wortelskiet.

Werksverlies gee aanleiding tot meer onsekerheid en ekonomiese krisisse. Dit word vererger deur die feit dat baie mense hulself en hul sosiale bestaan definieer deur hul professionele identiteit. Werksonsekerheid en werkloosheid word geassosieer met toenemende gesondheidsrisiko's en 'n afname in algemene welstand.

'n Mens se kernwaardes is lewenslank 'n gids vir jou gedrag en is 'n voorvereiste vir 'n gesonde bestaan. Verbittering ontstaan wanneer belangrike lewenswaardes, selfwaarde, geloofs- en wêreldbeskouing in die gedrang kom as gevolg van onregverdigheid. Dit beteken dat wat jou sterk maak maak jou oon kwesbaar.

As jy stoei met die hartsklip van verbittering, voel jy dalk eerder lus om net in jou hoekie te sit of met almal te baklei. Die goeie nuus is dat daar hoop en hulp is. Ons spesialiseer daarin om mense met Posttraumatiese Verbittering te help. Kontak ons vandag nog as jy meer wil weet van ons omvattende program.  

(Artikel deur Dr Barbara Louw)

Inter Trauma Nexus se span bied werkswinkels, praatjies en opleidingsessies aan wat geskik is vir die werkplek, gemeentes, skole en gemeenskapsorganisasie. Kontak ons vandag om meer uit te vind oor die besondere diens.

Our Cookie Notification
Our Cookie Notification

We use cookies on our website. Some are essential for the site's operation, while others help us improve the site and the user experience (tracking cookies). You can decide for yourself whether to allow cookies or not. Please note that if you reject them, you may not be able to use all the site's functionalities.