tn Trauma agter die rug Front

Hierdie boek gee vir jou praktiese riglyne om jou te help om aan te beweeg met jou lewe na trauma. Hierin sal jy riglyne vind oor hoe om die warboel van emosies wat jy ervaar te verstaan en te hanteer. Daar is ook inligting oor verwarrende reaksies op trauma en die vrae wat jy dalk het oor geloof en geestelikheid.

Praktiese hulp, aanwysings en wenke is volop in die boek tevinde en dit sal jou bystaan in hierdie proses van genesing, heel word en vergifnis.‘n Unieke deel van hierdie boek is die afdeling oor die finansiële impak van trauma en hoe ‘n mens daarna herstel. Die hoofstuk word aangevul deur hulpbronne wat gratis van Aquilla Adviseurs se webwerf afgelaai kan word.

Die idees en konsepte in hierdie boek word al vir meer as 25 jaar getoets en ons maak gebruik van die tydlose Bybelse boodskap van hoop.

 tn_trauma in die siklus van die lewe

Barbara & Wynand Louw werk al vir meer as 30 jaar saam in die bediening en gemeenskap. Hulle is albei ingeseënde predikante en stigterslede van ‘n nie-winsgewende organisasie, Inter Trauma Nexus.

.

Hierdie organisasie spesialiseer in slagofferbystand, krisis intervensie, traumaverligtingsfasilitering en berading.

Wynand se verskeie kwalifikasies in die finansiële industrie en BTh graad gee hom ‘n unieke insig. Hy is steeds besig om verder te studeer en om opleidingsmateriaal te ontwikkel vir verskeie instansies.

Wynand se rykdom ondervinding in die Suid-Afrikaanse finansiële dienste sektor en as ‘n suksesvolle Mentor en Afrigter in Besigheid, Finansies en die Bybel. Hy is by die ETDP SETA geregistreer as ‘n Vaardigheidsontwikkeling Fasiliteerder, Assessor en Moderator. Wynand is ‘n senior lid van Aquilla Advisors cc en die besturende lid van Aquilla Financial Solutions cc.

Hy is lid van verskeie professionele liggame en ‘n Adviseur vir ander nie-regeringsorganisasies, kerke en unies.

Dr Barbara Louw is Hoof Uitvoerende Beampte van Inter Trauma Nexus en die mede-eienaar en Welstand Strateeg by Aquilla Advisors cc. Sy is ‘n Spesialis Pastorale Berader, Traumatoloog, Natuurlike Gesondheidspraktisyn en ‘n geregistreerde Mentor en Lewensafrigter. Besoek gerus haar webwerf vir volledige besonderhede van haar werksaamhede.

R200.00 Aflewering Uitgesluit

Our Cookie Notification
Our Cookie Notification

We use cookies on our website. Some are essential for the site's operation, while others help us improve the site and the user experience (tracking cookies). You can decide for yourself whether to allow cookies or not. Please note that if you reject them, you may not be able to use all the site's functionalities.