griekwa wens

Jy het ‘n toekoms. Jy weet nie wat die toekoms inhou nie, maar jou gesindheid en keuses gaan grootliks bepaal hoe jy dit beleef.

 ‘n Mens se verlede kleur ook die lens waardeur jy na jou toekoms kyk in. Dit kan ‘n rooskleurige lens wees, waardeur jy jou kindsbeendrome nog kan sien of ‘n pikdonker sweisskermlens wees waardeur jy net skrikwekkende brandende flitse kan sien. Die keuse is joune. As jy nie daarin slaag om besluite te kan maak wat jy toekoms helderder te maak nie, kan jy altyd kies om hulp te vra.

 Dinge wat hoop soos rysmiere ondergrawe is negatiwiteit, verveeldheid, onaktiwiteit, luiheid en selfbejammering. Dit mag normale reaksies op slegte omstandighede wees, maar dit is luukshede wat ons nie kan bekostig nie.

 Om jou hoop volle toekoms tegemoed te gaan moet jy van jou stuitjie opstaan en jou ruggraat gebruik. Die grootste mag waaroor jy beskik, is jou Godgegewe vermoë om te kan kies. Doen iets! Kyk jou huidige omstandighede eerlik in die oog en besluit wat jy wil hê. Begin dan stappe neem en doen konstruktiewe dinge.

 Die waarheid is dat jy in omstandighede is, maar jy is nie die omstandighede nie. Jy mag ‘n probleem hê, maar jy is nie die probleem nie. Jy is kosbaar en God se genade is groot. Daar is altyd hoop en genade.

 Soek en vra. Daar is altyd hulp beskikbaar.

.

Our Cookie Notification
Our Cookie Notification

We use cookies on our website. Some are essential for the site's operation, while others help us improve the site and the user experience (tracking cookies). You can decide for yourself whether to allow cookies or not. Please note that if you reject them, you may not be able to use all the site's functionalities.