tn Roots and All Add 01

Trauma is vir sommige mense 'n geldige verskoning om 'n wrok te dra. 'n Wrok (posttraumatiese verbittering) is egter 'n las wat elke oomblik wat dit rondgedra word swaarder en swaarder raak.

As ek jou vra om aan 'n halwe glas water te dink, het jy dalk alreeds aangeneem wat die volgende vraag is. Nee, die volgende vraag is nie of dit half leeg of half vol is nie.

Hoe swaar is 'n halwe glas water? Teoreties gesproke kan die antwoord strek tussen enigiets van 100g tot 200g.

Vir die illustrasie maak die absolute gewig nie regtig saak nie.

.

Dit hang af hoe lank ek die glas vashou. Indien ek die glas vir 'n minute vas hou is dit geen problem nie. As ek die glas vir 'n uur vashou sal my hand kramp en my arm begin seer word. As ek die glas vir 'n hele dag lank vashou sal my arm sommer lam voel. Die gewig van die halwe glas water het nie verander nie, maar hoe langer ek dit vashou hoe swaarder voel dit.

'n Wrok en bitterheid in jou lewe is net soos die halwe glas water. Daar is altyd plek vir nog dinge om oor verbitterd te voel. Daarby lyk dit nie asof 'n wrok en bitterheid 'n impak op jou het as jy 'n bietjie daaraan dink nie. As jy langer daaraan dink en die gedagtes begin vertroetel, maar dit jou seerder. As jy heeldag daaroor begin dink, voel jy verlam, magteloos en totaal hulpeloos. Gou is daar meer gebeurtenisse en mense om voor kwaad te wees en jou glas is tot oorlopens toe vol wraak en jou gesondheid lei daaronder.

Trauma en spanning is deel van die lewe. Dit is belangrik om elke dag se laste en seer los te laat. Ek maak 'n punt daarvan om vroeg elke aand na te dink oor die dag se gebeure en die seer goed te los. Dit is vir my belangrik om nie die pyn van die dag in my gesinstyd, studietyd en slaaptyd toe te laat nie.

As jy sukkel om die lewe se seergoed neer te lê is jy welkom om my te kom sien vir hulp en raad.

Onthou om daardie glas van wrokke en bitterheid neer te sit!

Meer inligting oor bitterheid, verbittering en hoe om daarvan ontslae te raak is vervat in Dr Barbara Louw se boek "Roots and All".

Our Cookie Notification
Our Cookie Notification

We use cookies on our website. Some are essential for the site's operation, while others help us improve the site and the user experience (tracking cookies). You can decide for yourself whether to allow cookies or not. Please note that if you reject them, you may not be able to use all the site's functionalities.