Dr Barbara Louw en Jacques H Botes het sedert Mei 2019 gewerk aan 'n reeks praatjies op PretoriaFM met die titel 'My Welstand'. Tydens die uitsendings het sy onderneem om die diagram wat die basis van die gesprekke gevorm het, gratis beskikbaar te maak vir luisteraars.
Die omvattende welstandmodel is deel van Dr Louw se navorsing in die hantering van posttraumatiese reaksies, soos posttramatiese verbittering en ander ongewensde reaksies.
Die fokus van haar werk is om mense te help om trauma agter die rug te kry en om beraders te help om meer effektiewe suskses saam met hulle kliente te bereik. U is welkom om die diagram af te laai en te deel.