Skoolboelie en bullebakgedrag
Bullebakgedrag en om ander te boelie gebeur nie in isolasie nie, maar ontwikkel uit diepgesette woede en seerkry. Mense wat seer het gee maklik uitdrukking van hulle pyn deur ander mense seer te maak.
Om ‘n kind te boelie beteken dat die persoon herhaaldelik ‘anders’ behandel word met bespotting, verkleinering, aggressie, geweld, dreigemente, ongewensde aanraking en isolering.
Na berekening word 75% van kinders op een of ander stadium fisies afgeknou, emosioneel geboelie of sleggesê en verneder.
Kuberboeliery is waar sosiale media en kommunikasiegereedskap ingespan word om iemand anders te teiken. Dit beteken dat daar fisiese afstand tussen die boelie en slafoffer is. Uit die aard van sosiale media vermeerder die enkel verneinige boodskap vining tot ‘n sweterjoel mense wat boodskappe en foto’s rondstuur. Die kommentaar wat op die kwetsende boodskappe volg vererger die slagoffer se openbare vernedering en pyn.
Ongelukkig draai baie opvoeders en onderwysers ‘n blinde oog, want hulle meen dat kinders moet leer om vir hulself op te staan. Soms neem onderwysers grappender wys deel aan die gespot en geterg. Dit beteken dat kinders die skool toenemend as ‘n baie onveilige plek beleef en gevolglik neem afwesigheid toe.
Slagoffers van gereelde boelie-geweld toon hoë vlakke van depressie, angsversteurings, emosionele uitbarstings, middelafhanklikheid en voordurende selfmoordgedagtes. Die kort en lank van die saak is dat as ‘n kind geboelie word het die vorm van mishandeling vernietigende gevolge op die kort- en langtermyn.
As ‘n samelewing het ons nodig om alle vorme van geweld hok te slaan, veral in families en skoolgemeenskappe. Die omvang en skade wat deur gesinsgeweld en wanaangepasde familiverhoudinge veroorsaak word, eis ‘n swaar tol op die hele gemeenskap. ‘n Kind wat met geweld, emosionele mishandeling en verwaarlosing grootword kan maklik die ‘slagoffer’ en/of ‘boelie’ in ‘n skoolgemeenskap wees.
Gewoonlik word daar na ontoepaslike interaksies tussen kinders gekyk op ‘n wyse wat insinueer dat ‘n kind óf ‘n slagoffer óf ‘n boelie is. Dit is egter duidelik dat die boelie ook ‘n slagoffer kan wees en dringend hulp en leiding nodig het. Faktore wat bydra tot boelie gedrag is groepsdruk; behoefte aan aandag en respek; lae selfwaarde; kindermishandeling en verwaarlosing op ‘n jong ouderdom. Die wyse waarop geweld in die media uitgebeeld word saam met geweld in die huis en/of samelewing speel ook ‘n negatiewe rol.
Om bullebakkery en kuberboeliegedrag hok te slaan gaan ‘n heelhartige poging van die hele gemeenskap verg. Elke rolspeler in ouerhuise, die skole, kerke en families het nodig om aan kinders te demonstreer hoe goeie verhoudinge lyk en wat gesonde kommunikasie is. Elke kind moet geleer word te onderskei tussen reg en verkeer, sowel as regte en verantwoordelikhede.
Opleiding vir onderwysers en ouers
Inter Trauma Nexus, in samewerking met Aquilla Training bied ‘n SACE geakrediteerde werkswinkel aan met die fokus op die hantering van getraumatiseerde kinders. 5 CPTD punte vir onderwysers. Kontak Dr Barbara Louw direk as jy belangstel om dit by jou skool aan te bied.
Fotos deur www.pxhere.com en www.flickr.com.