My hart triomfeer en borrel oor wanneer ek dink aan die goedheid van God. Ek verkondig dat Jesus Christus HERE is, tot eer van God. Sy Naam is bo elke ander naam en elke knie sal buig voor Sy Naam. Terwyl jy jou vandag oor jou probleme en uitdagings bekommer, noem hulle en verklaar dat hulle een vir een voor die Naam van Jesus moet buig. Sien die deurbrake wat God in jou lewe bring. Die HERE is ons sterkte en skild!
Psalm 28:7 - Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied.
My gebed. Hemelse Vader, dankie dat U my krag en skild is. Ek glo met my hele hart dat U altyd getrou is aan U Woord. Ek bring elke uitdaging, siekte en gebrek na U toe en verklaar dat elkeen 'n naam het en daarom voor U almagtige krag moet buig. Dankie vir elke deurbraak in die Naam van Jesus. Ek loof en prys U Naam. Amen.

Begin kyk vir die deurbrake wat God in jou lewe bring.