Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8 |
|
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Beste Vriend Ons lees in die Bybel dat daar 'n tyd was soos die dae waarin ons leef toe een nasie deur 'n ander verpletter is en een stad deur 'n ander. Alhoewel dit onstuimige tye was, het God nooit beheer verloor nie. Maak nie saak wie ons laat sukkel en selfs struikel nie, moenie God uit die oog verloor nie. Die storm wat jy in die gesig staar is dalk net daar om jou weg te baan om te doen waarvoor God jou geskep het. Ons bid vir ons Vriende om sterk te wees en nie moed op te gee nie. Jou werk sal beloon word en dit is 'n belofte van God! 2 Kronieke 15:7 - Maar julle moet vasstaan en nie moedeloos word nie, want julle sal die beloning vir julle optrede ontvang.” My gebed. Hemelse Vader, ek bid vir ons Vriende – ons broers en susters in Jesus Christus, dat hulle sterk sal staan. Dankie vir die getuienisse van diegene wat werk gekry het. Ons vertrou U vir deurbrake in elke terrein van ons mense se lewens, want U gee hulle krag en volharding om in U Naam te staan. Dankie dat U elke tree wat ek neem lei. U is my HERE en Verlosser. Amen. Ek is so opgewonde om die nuwe boek – Shaped by the Storm – in my hande te hou. Niks ruik soos 'n nuwe gedrukte boek nie. Wat 'n seën! Wat 'n wonderwerk! Die eerste bondel voorbekendstellingbestellings is verpak en gereed om môreoggend afgestuur te word. Vind die besonderhede oor ons boeke: https://www.blueagle.co.za/images/docs/2025-03_BluEagle_Catalogue_and_Price_List.pdf Jy moet vasstaan en nie moedeloos word nie! Ds Wynand en Dr Barbara Louw Inter Trauma Nexus info@itn.org.za |
|
Posbus 165, Garsfontein, 0042 |
|