Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

TEKEN UIT     WEBBLAAIER      ARGIEF   STUUR AAN

       

Beste Vriend

Ons kan God se stem elke dag hoor en Sy stem sal ons altyd lei na liefde, vreugde, vrede, verdraagsaamheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Wanneer God met jou praat is daar geen verwarring nie. Dit beteken dat enige stem wat tot dubbelhartigheid, twyfel en onsekerheid lei, ’n ander oorsprong moet hê. God se kinders ken Sy stem! Daar is geen skaduwee van verandering en verwarring in Hom nie. Bly gewortel en standvastig in wat Hy jou geleer het.

Galasiërs 5:22-23"Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie." 

My gebed. HERE, in U is daar geen verwarring nie en U tydsberekening is altyd perfek. Dankie dat U my leer om in liefde, vreugde, vrede, verdraagsaamheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing te wandel. Dankie dat U vir my die gawe van geloof gegee het. HERE, ek vertrou op U terwyl ek elke dag met U praat. Dankie dat U my leer bid in die Naam van Jesus Christus. U is die HERE! Amen.

Bly gewortel en standvastig in wat God jou geleer het.

Ds Wynand en Dr Barbara Louw

Inter Trauma Nexus

info@itn.org.za
0837001441

 Posbus 165, Garsfontein, 0042

English: Friends of Inter Trauma Nexus Available

 


--
powered by phpList