God het jou lief! Jy is in Sy gedagtes. “Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. Daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees. U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip.” (Ps. 139:1-6).
Word vernuwe in jou gedagtes en stap weg van die wêreld se siening van 'n verre, woedende God. Juig en wees bly! Jy is heeltyd in God se gedagtes.
Romeine 12:2 - “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.”
My gebed. Hemelse Vader, dankie dat U my liefhet. Dankie dat U my toelaat om elke dag my gedagtes te vernuwe. Dankie dat jy my deursoek en my ken. U ken elke tree wat ek gee, en U hou my in U tere liefdevolle sorg. Dankie vir al die lieflike mense wat U in my lewe plaas. Ek gee U al die heerlikheid en eer. Jou liefde verstom my. Amen.

God het jou lief met 'n ewige liefde.